Description
Bestandele:
- Bruismeel, sout, gedroogde kruie, knoffelpoeier.
Wat het jy nog nodig?
- 1 botteltjie bier (340 ml) – enige bier werk!
- 1 koppie gerasperde kaas
- Opsioneel vir ekstra geur: ½ koppie fyngekapte peppadews, son-gedroogde tamaties of olywe
Vinnig & maklik – so bak jy dit:
- Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpannetjie (ongeveer 22 cm) met botter of spuit met Spray & Cook. Gooi die hele inhoud van die bottel in ’n mengbak.
- Voeg 1 botteltjie bier by en roer tot net gemeng (moenie oormeng nie – klonte is reg!).
- Roer die koppie kaas (en jou ekstra geure as jy wil) liggies in.
- Gooi in die pannetjie en bak 35–40 minute tot goudbruin en ’n toetspen of vurk skoon uitkom.
- Laat 10 minute in die pan afkoel, keer dan uit. Sny en smeer dik met botter!
Voedingsinligting (per 100 g droë mengsel – voor bier & kaas):
Energie: 1420 kJ | Proteïen: 9 g | Koolhidrate: 72 g (waarvan suikers 8 g)Vet: 1,5 g | Vesel: 3 g | Sout: 2,8 g
(Gemiddelde waardes – finale brood hang af van bier en kaas wat jy gebruik)
Bevat gluten. Kan spore van grondbone en melk bevat.
Berging: Koel en droog bêre. Gebruik binne 12 maande na vervaardigingsdatum.






Reviews
There are no reviews yet.