Oupa se Bottelbrood

R70,00

Brood in ‘n bottel

Die geurigste bierbroodjie ter wêreld – net een bottel bier bygooi en bak!

Netto hoeveelheid: 500 g (maak 1 broodjie)

Bere in ‘n koel droë plek

Category:

Description

Bestandele:

  • Bruismeel, sout, gedroogde kruie, knoffelpoeier.

Wat het jy nog nodig?

  • 1 botteltjie bier (340 ml) – enige bier werk!
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • Opsioneel vir ekstra geur: ½ koppie fyngekapte peppadews, son-gedroogde tamaties of olywe

Vinnig & maklik – so bak jy dit:

  • Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpannetjie (ongeveer 22 cm) met botter of spuit met Spray & Cook. Gooi die hele inhoud van die bottel in ’n mengbak.
  • Voeg 1 botteltjie bier by en roer tot net gemeng (moenie oormeng nie – klonte is reg!).
  • Roer die koppie kaas (en jou ekstra geure as jy wil) liggies in.
  • Gooi in die pannetjie en bak 35–40 minute tot goudbruin en ’n toetspen of vurk skoon uitkom.
  • Laat 10 minute in die pan afkoel, keer dan uit. Sny en smeer dik met botter!

Voedingsinligting (per 100 g droë mengsel – voor bier & kaas):
Energie: 1420 kJ | Proteïen: 9 g | Koolhidrate: 72 g (waarvan suikers 8 g)Vet: 1,5 g | Vesel: 3 g | Sout: 2,8 g
(Gemiddelde waardes – finale brood hang af van bier en kaas wat jy gebruik)

Bevat gluten. Kan spore van grondbone en melk bevat.

Berging: Koel en droog bêre. Gebruik binne 12 maande na vervaardigingsdatum.

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.