Hoe die Bestelproses Werk
Stap 1
Elektroniese Bestelling
Voltooi die aanlyn bestelvorm, kies etes, vul kontakbesonderhede in. Die bestellys word outomaties na bestel@komeetbymy.co.za gestuur.
Stap 2
Faktuur en Betaling
Kom Eet By My stuur ‘n faktuur aan die kliënt.
Die bestelling word as finaal en bevestig beskou sodra bewys van betaling ontvang is. Geen bestelling word verwerk sonder betaling nie.
Stap 3
Aflewering en Oplaai
Kom Eet By My lewer die bestellings by die oplaaipunt af op die aangekondigde datum en tydgleuf. Kliënte kom hul bestellings self by die oplaaipunt afhaal. Die oplaaipunt en -tyd sal saam met die faktuur gestuur word.